Wat doen ons daaromtrent?
Nov 7th, 2009 by huisvrou
Die epos met die skakel na die YouTube-video oor die demografiese verspreiding veral t.o.v. Moslem / Christen het vir die soveelste keer deur my e-posbus geglip. Een van daardie posse met die baie stempeltjies op.
Die gedagte wil my maar net nie laat los nie. Wie besluit hoeveel kinders is genoeg? Wanneer word “gesonde verstand” ‘n mosie van ongeloof? Hoe kan God ooit die totale mensdom bereik as die Christendom bly kwyn en die heidendom bly groei? Hoe sal daar ooit genoeg sendelinge wees as die Christendom ‘n negatiewe groeikoers toon?<p>Ek wil tog aanhaal uit ‘n artikel wat in ons kerk se maandblad, Die Boodskapper, verskyn het:<p>Onder die Opskrif: Hoor jy dat ons kinders minder word? gesels dr Willem van Heerden oor hierdie einste kwessie van Moslemgetalle wat groei terwyl Christengetalle krimp, nie bekeerlinge nie, maar kindergetalle.
Die TFR {’Total Fertility Rate’} van ‘n volk is die gemiddelde aantal kinders van alle vroue in die volk. Getroude vroue en ongetroude vroue wat nie kinders het nie, word ook saam met die ander getel wat wel kinders het om die gemiddeld te bereken. ‘n TFR van 2.1 is die benaderde grens waar ‘n volk se getal mense net konstant sal bly. As dit kleiner is, sal die getal mense mettertyd afneem. Daar word beweer dat ‘n TFR van 1.5-1.4 ‘n volk se getalle met ‘n derde sal laat afneem oor elke geslag, as alle ander faktore dieselfde bly - wat nog van kleiner waardes.” eie beklemtoning<p>
Wanneer ‘n mens lank genoeg aan ‘n leuen blootgestel word, dan sal hierdie leuen later geglo word. Ons sien dit met die leuen van die evolusie-teorie, nou sien ons dit ook met die leuen van voorbehoeding. Onthou die verhaal van die padda-prins. Die prinses is vertel dat as sy die padda soen, hy in ‘n prins sou verander. Die mensdom lag vir die naïwiteit waarmee kinders hierdie verhaal glo. ‘n Padda kan nie binne ‘n oogwenk in ‘n prins verander nie - MAAR dieselfde mensdom (lees volwassenes) glo dat ‘n padda oor miljoene jare in ‘n prins kan verander ……<p>Te lank is die leuen aan ons Christene opgedis dat ons self kan besluit oor die aantal kinders wat ons gaan hê. Voor die 1900’s het Christene die aantal kinders wat hulle sou hê in God se hand oorgelaat. Dit was God wat sou besluit hoeveel, van watter geslag, hoe ver uitmekaar gespasieer en watter tyd van die jaar…. Ons sien inteendeel vandag nog dat God, ten spyte van die mens se gewik, steeds beskik - kondome, Die Pil, IUT’s ens wat kwansuis “nie gewerk het nie”. Daardie verrassings-bondeltjies wat Vader uitdeel!!<p>Terug na die feitelike, na die artikel. In die vergelyking tussen Moslems en ander, is Engeland en Nederland as voorbeelde gebruik. In hierdie lande het daar met verloop van tyd, heelwat Pakistani’s, Indiërs en ander Moslemgelowiges ingetrek. Die inligting wat gebruik is, is dus van vroue wat uit Moslemlande kom en nou in die Westerse lande woon. By benadering kan ‘n mens sê dat hierdie vroue, buiten dié wat in Indië gebore is, almal Moslems is.
|
Wallies & Engels-gebore vroue |
Indies gebore Hindoe vroue |
Pakistan & Bangladesj gebore Moslem-vroue |
|
| 1971 |
2.3 |
4.3 |
9.3 |
| 1981 |
1.7 |
3.1 |
6.5 |
| 1991 |
1.8 |
2.6 |
5 |
| 1996 |
1.67 |
2.21 |
4.9 |
Wat vir my persoonlik opgeval het uit die tabel is dat die Moslems, wat verwesters het, ook die Westerling se waardesisteme aangeneem het. Die ding dat kinders ‘n hindernis in die materiële resies is. Dat goeters meer werd is as kinders. Dat die wêreld “oorbevolk” raak en ons minder kinders moet hê….<p>
|
Nederlands gebore vroue |
Morokkaans gebore Moslem-vroue |
Turks gebore Moslem-vroue |
|
| 1990 |
1.55 |
4.9 |
3.15 |
| 1995 |
1.47 |
3.37 |
2.46 |
| 2000 |
1.65 |
3.22 |
2.18 |
| 2005 |
1.68 |
2.87 |
1.88 |
Sien hoe die Westerse neiging toeneem?<p>Die wêreld se TFR is 2.6, met ander woorde die wêreldtotaal toon nog ‘n effense groei. Afrika-lande (waar die weste nog nie kon inslag vind nie, hoe vinnig gaan selfoon en internetkommunikasie dit nie nou verander nie) het ‘n relatiewe hoë TFR. Die TFR van sommige ander lande: Indië - 2.72, Sjina - 1.79, Kanada - 1.53, Oostenryk - 1.42, Duitsland - 1.41, Spanje - 1.32, Italië - 1.31, Japan - 1.22.<p>Suid-Afrika se TFR is tans 2.43 (alle bevolkingsgroepe ingesluit). Hieronder is die tabel vir verspreiding van TFR oor bevolkingsgroepe in SA. Blank Asiërs Kleurling Swart 3.5 3.9 6.5 6.6 3 4.1 5.1 5.2 2.4 3.1 3 4.5 2.1 2.9 2.9 4 1.9 2.5 2.5 3 1.7 1.9 2.3 3
Nou vra dr van Heerden die vraag wat in my gemoed bly opstu:<p>Is dit Bybels verdedigbaar dat gelowiges nie eers hul getalle kan handhaaf nie, terwyl dit in werkliheid behoort te vermeerder? Is dit reg dat die heidene vermeerder, soos blyk uit bostaande figure, en die gelowiges word minder? Waar is die verbondskinders van die toekoms?<p>Ten einde nie te verminder nie, moet ons per vrou, 2,1 kind hê! Dan is daar geen groei nie. Dit terwyl die Bybel praat van “vermenigvuldig” (”Multiply“).<p>Ek sluit met ‘n laaste aanhaling uit die artikel:
1960
1970
1980
1990
1998
2005
Gelowiges van die verlede het hulle nie gesteur aan die omringende omstandighede nie. Wat van ons? Wat van die waagmoed van Calviniste wat die Bybel vertolk soos dit sterk en kragtig daar staan, onafhanklik van die mode van die dag, EN wat daarvolgens lewe?
Liewe Huisvrou
Dankie vir hierdie uitstekende artikel!
Die mens het so ’slim’ geword in sy eie oë en in die proses is ons besig om die grootste ‘hulpmiddel’ wat God ons gegee het om Jesus se laaste opdrag, in Matt 28, uit te voer - nl Kinders - weg te redeneer.
Ps. 127 sê:
“Kyk, seuns is ’n erfdeel van die Here; die vrug van die moederskoot is ’n beloning.
Soos pyle in die hand van ’n held, so is die seuns van die jeug.
Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.”
Ou Vertaling. Ps 127:3)
Ek sien nou al hoe my 5 seuns die vyand gaan oorwin, in die roeping wat God op hul lewe geplaas het! Wat sou verlore geraak het as ek in my kortsigtigheid besluit het 1 seun is genoeg!
Die Christendom gaan eendag in soveel hartseer, skaamte en armoede voor die Here staan, omdat kinders verwerp is.
Maar…
ek sien en lees ook daagliks hoe Maleagi 4 in vervulling kom:
“Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek.
En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.”
Daar is teen ‘n groeiende tempo ‘Bible-Believing-Christians’ wat hul harte laat verander, wegdraai van die wêreld en kinders verwelkom.
Prys die Here!
God is soveel groter as ons menslike hier en nou! Dit is net nie altyd maklik om verby ons situasies te kyk en die wonder van ‘n liefdevolle Vader in beheer van sake raak te sien nie.
Dankie Linnie
Dien tog God met verstand en moet nie kinders verwek waarvoor julle nie in staat is om voor te sorg nie. Wat help dit mens het baie kinders en hulle is agtergeblewendes. God het die mens intelegent gemaak sodat die mens allerhande dinge kan uitvind, kondome en. ingesluit.
Mens moet eerder die evangelie verkondig om sodoende vermenigvuldigging van kinders in die geloof ten kan bewerkstellig.
Die probleem is wanneer daar nie meer kinders is (omdat ons so ’slim’ in ons eie denke geword het en al hierdie ‘wereldse’ uitvindings bokant God se Woord verkies) om die evangelie te kan verkondig, om die vermenigvuldiging van kinders in die geloof te kan bewerkstellig.
Dit is reeds duidelik dat ons, ons een en twee kinders so selfgesentreerd groot maak met al die wereldse behoeftes wat eers vervul moet word, dat hul in elk geval dan nie belangstel om die evangelie te gaan verkondig nie, want dit vra te veel selfopoffering - dit is tog nie hoe hul grootgemaak is nie. Aan hul is gemoduleer eers ek, dan die res. Daar is geen Stap in Geloof gemoduleer en afhanklik leef uit God se Hand. Ons sorg onsself!
Elkeen wat die evangelie aanneem, wat aan hulle verkondig is, is opnuut ‘n “kind” wat bygevoeg is en is daar om weer vermenigvuldiging voort te sit. Mens hoef nie fiesies kinders te hê by die dosyne nie. My geloofsnageslag is nie noodwendig net my biologiese kinders nie, maar wel hulle wat die evangelie aangeneem het, wat ek aan hulle verkondig het. Dien God met verstand en nie soos diere wat aanteel soos konyne nie.
Ek het pas my agtste Koningskind in die wereld gebring, ons sesde seun! God se seuns is ‘n seen, ‘n beloning (Ps 127 en 128). Noem my dan maar ‘n dier wat aanteel soos konyne, MAAR ek sien die seen van die Here op hierdie gesin, Hy het so ‘n groot plan met hierdie seuns in die wereld, ek kan nie wag om dit te aanskou nie. EN… gelukkig is dit nie ONS wat vir hulle moet sorg nie - GOD DOEN DIT SOMMER SELF!!
Ja God sorg - of dit nou jy en jou man/vrou, vier-, ag- of agtien kinders is!
“wat bygevoeg is en is daar om weer vermenigvuldiging voort te sit” - maar hoeveel mense lei ons tot volwaardige bekering? En hoeveel groter is ‘n hele gesin se invloed as net joune alleen? En die Bybel sê nie “multiply” nie dit sê duidelik “be fruitful and multiply”, hoekom is dit dan as ‘n amperse skande gesien as jy nie vir jou man kinders kon gee nie, tot vandag nog is daar ‘n grootse leemte in onvrugbare vroue se harte, dis omdat God die begeerte na kinders in ons harte geplant het. HY SAL VOORSIEN (die Bybel is ook baie duidelik hierin). EN opposisie onder mede-gelowiges gaan daar ook wees - ongelukkig (die Bybel is ook baie duidelik hierin). In kort wou ek net sê ek het na baie jare die lig gesien en GOD VOORSIEN!
Neem asseblief kennis van die volgende en wees vrugbaar daarin; Rom 8:5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
Die Woord is altyd eers letterlik en dan geestelik. Na alles God het hierdie ‘vleeslike’ begeerte - gemeenskap tussen man en vrou heilig en mooi gemaak, dit geseen in Gen. 1:28.
Ek is werklik vol vrae oor jou manier van dink oor die Woord en jou antogonisme in die maak van kinders. Daar is van ons wat ons baie kinders tot glorie en eer van God grootmaak. Net soos alles op hierdie aarde is daar goeie en slegte van alles. Sommige mense (meestal ongered) het baie kinders en maak nie groot tot eer van God nie. Waarom veroordeel jy groot Christen gesinne wat aan God gehoorsaam is in die voortbring van ‘n Goddelike nageslag? Mal 2:14-15.
Nie almal van ons is geroep om evangelisasie werk te doen en sendelinge te word nie. Daar is baie verskillende gawes. Ek skryf jou nie voor hoe om ‘n sendeling te wees en die evangelie te bring in die baie nasies wat God nie ken nie (aangesien jy so sterk hieroor voel neem ek aan dat jy ‘n sendeling is, iewers besig om die Woord te bring aan ‘n verwerpte nasie - en dit is wonderlik!)
As dit so ‘verkeerd’ is om ‘vleeslik’ te wees en gemeenskap te he in ‘n huwelik, waarom het God dit gegee en selfs opdrag gegee dat ons mekaar dit nie mag ontse nie (1 Kor. 7:3-5) en as dit so \’verkeerd\’ is om soos diere aan te teel a.g.v. hierdie heilige ‘vleeslike begeerte’ waarom het Hy eers in die twintigste eeu vir ons ‘n ‘manier’ gegee om te keer dat ons so dierlik aanteel? Wat van die vorige 6 duisend jaar? Het God dan ‘n fout gemaak?
Ons liggame is die Tempel van God en wanneer ons peuter aan ons liggame se God in 1 Kor 3:17 sal Hy daardie een vernietig! Vasektomies en bind van buise.
As ek jou reg verstaan oor Rom 8:5 is gemeenskap dus ’sonde in die vlees’? Volgens my Bybel is die vrug van gemeenskap in die huwelik, LEWE, beslis nie die dood nie!
Linnie Lues, ek oordeel niemand en het ook niks teen groot gesinne nie, want ek het self in ‘n gesin groot geword van dertien. Die onkundige vertolking van die Bybel is die groot probleem. God het die mens die verstand gegee om voorbehoedmiddels uit te vind tot die mens se voordeel. My punt is, dat ons nie onverstandig moet aanteel soos konyne nie en ook besef, dat die wetenskap is ook van God aan ons gegee.
Hierdie sal my laaste reaksie op Hans Matthysen wees, want ek dink nie dit is Bybels om in ‘n sinnelose argument betrokke te wees nie. Ek lewer slegs kommentaar om verwarring by besoekers te probeer uitklaar, maar ek dink dit is nou genoeg.
Jy het die spyker op die kop geslaan: ‘God het die mens die verstand gegee om voorbehoedmiddels uit te vind tot die mens se voordeel.’ Dit is net tot die voordeel (en selfsugtige begeertes) van die mens en NIE tot die uitbou van God se Koningkryk NIE!
‘Onkundige vertolking van die Bybel’ is relatief, hoe sal ons weet wat is reg of verkeerd? Letterlike vertolking laat ons sonder ons opinies en wereldse wysheid.
Matth 11:25 “I thank You, Father, Lord of heaven and earth, that You have hidden these things from the wise and prudent and have revealed them to babes.”
1 Cor 1:25,27 “…the foolishness of God is wiser than men, and the weakness of God is stronger than men… But God has chosen the foolish things of the world to put to shame the wise, and God has chosen the weak things of the world to put to shame the things which are mighty; and the base things of the world and the things which are despised God has chosen,…”
Daar is geen verdere argument vir my teen die eenvoudige opdrag van Gen. 1 “Be Fruitful and Multiply…” en die duidelikheid van Ps 127 ‘Fruit of the womb is a Reward… Happy is the man who has his Quiver FULL of them…”
Dankie Marelize, jammer dit het so uitgerek geraak.
Liefdegroete
Linnie
Linnie, jy lees die Bybel en jou denke en uitleg is vleeslik en om debat te voer is nie argumenteer nie. Moontlik is jy besig om te argumenteer?
Rom 8:5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
Ek dink ons moet hier aanvaar dat daar nooit eenstemmigheid sal wees nie. Die internet gee aan ons die geleentheid om op ‘n ander manier te kommunikeer as die direkte, maar steeds sal ons moet besef dat ons mekaar nie noodwendig sal oortuig nie.
Laat ons dan ooreenkom om te verskil.
Ek dink nie mens moet sommer alles glo en dat ons gesprek moet voer sodat ons eenheid in geloof kan bevorder.
Eph 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
Eph 4:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
Ons moet dinge reg verstaan.
Jud 1:10 Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.
Hi daar, dankie vir die interessante artikel. Ek sou net graag julle opinie wou hoor oor voorbehoeding in die volgende omstandighede: jy glo God is in beheer in jou familie beplanning, jy glo en vertrou vir natuurlike geboortes maar eindig op met 2 keisers (en dis nie die dokter se slegte besluitnemening nie, dit was jou liggaam se onvermoe om in geboorte te gaan en groot babas). dus word jou kanse skraler om net aan tehou met kinders, wat meervuldige keisers is gevaarlik. Hou mens net aan tot jy jou lewe en jou kind sn in gevaar stel of hou my maar op om intiem met jou man te wees want soos ek aflei is dit verkeerd om voorbehoedmiddels of sterilisasie te ondergaan. Dankie
JV
Dis seker een van die moeilikste kwessies om aan te spreek - in elk geval vir my. Onthou dat hierdie kuierwerf sommer my hardop-dink geword het, want ek het behoefte om oor hierdie kwessies te praat en te dink.
Op die ou end dink ek kom dit neer op Vertroue. Om Vader toe te laat om Sy wil te laat geskied, ten spyte van. En dit is my grootste GROOTSTE struikelblok.
Gaan loer asseblief by hierdie skakel http://www.aboverubies.org/index.php?option=com_content&view=category&id=176:vbac-stories&Itemid=400430&layout=default
of daar dalk ‘n storie soortgelyk aan joune is.
Ek wil graag ‘n gespreksgroep vir Suid-Afrikaanse Above Rubies-dames begin, omdat ek dink dat ons ‘n behoefte aan ondersteuning en leiding (veral ons nuwer Rubies) het.
Ek kan nie vir jou besluit wat jy in jou omstandighede moet doen nie, ek kan jou net verwys na Above Rubies se webblad en ook die SA-webblad. www.aboverubies.co.za
Seënbede vir jou